
=====================================================================
Taalvriendskap is nou moontlik (AV 5:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Taalvriendskap is nou moontlik

Cornia Pretorius   meen 'n skool se taalkeuse kan 'n slag vir Afrikaans slaan, of die taal knou.

ELKE keer as ek die foto van 'n sterwende Hector Peterson sien,   dink ek aan Afrikaans -- dat di kind in 1976 in Soweto gesterf het vir 
die beindiging van Afrikaans as onderrigtaal in swart skole, dat Afrikaans vir hom die onderdrukker se taal was en dat hy Afrikaans wou 
beveg.

Dan lees ek wat Harriet Kgotle,   Faith Mapitsa en   Raymond Motseke verlede   jaar oor Afrikaans skryf as leerlinge van die Horskool 
Reasoma in Soweto -- 21 jaar later.

Hulle s hulle het Afrikaans eers met onderdrukking vereenselwig.

"Nou is ons in die nuwe Suid-Afrika en mense moet alles van die ou dae vergeet en begin om vriendskap met ander mense te bou. Afrikaans is 
nou een van ons elf amptelike tale en almal wat in Suid-Afrika bly, moet Afrikaans leer," meen Harriet en Faith.

Raymond verwoord sy siening s: "Niemand dwing my om dit (Afrikaans) te leer nie. Ek het self besluit. In die verlede is swart leerlinge 
gedwing om Afrikaans te leer."

In 1998 is dit nie net Harriet, Faith en Raymond wat anders voel oor Afrikaans in die klaskamer nie. Daar is 'n hele nuwe geslag nie-
Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners vir wie Afrikaans net s 'n deel is van Suid-Afrika as braaivleis en sonskyn.

Ek dink aan Abe Valoyi, die graad-tweetjie wat ek ontmoet het by die Laerskool Dirkie Uys in Johannesburg en aan die   netjiese Afrikaans 
wat hy spontaan praat. Ek dink aan Tumelo Matlou van die Laerskool Krugerpark in Potgietersrus in die stoere Noorde en hoe sy die vers 
Jellievis trots voordra.

Dit wil lyk of dit hulle is wat Afrikaans in die negentigerjare help om politieke kettings af te ruk -- die taal van sy verlede te bevry. 
Al is hulle nog besig om die taal te bemeester, hou hulle die belofte in om Afrikaans lief te kry en daaraan 'n nuwe krag te gee.

Ek wonder hoeveel mense sien Afrikaans nog deur 'n 1976-bril. En of dit dalk 'n rede is waarom Afrikaans in 'n post-1994-era steeds in 
skole so intiem met die eietydse politiek verweef is.

Soos die druk deur onderwysowerhede op Afrikaanse skole begin verskerp het om ook voorsiening te maak vir Engelse onderrig, s is die 
emosies blootgel wat Afrikaans wek.

Skole het oorwegend twee benaderings begin volg. Ten goede en ten kwade van Afrikaans.

Vir baie Afrikaanses is en was die druk op Afrikaanse skole om plek in te ruim vir Engels as voertaal die versinnebeelding van hul 
politieke stryd om die behoud van 'n eie kultuur.

Waar baie skole as deel van di stryd probeer vashou het aan Afrikaans as die enigste taal van onderrig, het hulle hulle blootgestel aan 
beskuldigings van rassisme, Afrikaner-eksklusiwiteit, laer trek of wat ook al. Dit het nie altyd net oor Afrikaans gegaan nie, maar was 
eerder 'n rookskerm om skole lelieblank te hou.

Di benadering het al van 'n lang lys skole 'n politieke slagveld gemaak. Een van die ongevalle is ongelukkig Afrikaans. 'n Mens kon as 't 
ware sien hoe hierdie benadering nie-Afrikaanssprekendes herinner aan die onderdrukkerstaal. In die meeste van die gevalle moes die skole 
uiteindelik voor die druk swig en na Afrikaanse n Engelse onderrig oorskakel.

Dit is jammer dat diegene wat Afrikaans as politieke speelbal s misbruik, uit die oog verloor dat baie nie-Afrikaanse ouers hul kinders in 
Afrikaanse skole wil inskryf al is Afrikaans vir di kinders 'n derde of 'n vierde taal. Hulle het lankal vergeet dat Afrikaans iets was om 
te beveg. Vir hulle gaan dit om goeie onderwys. En di feit hou die potensiaal in van meer anderstaliges wat Afrikaans kan begin praat, 
daarin leer en daarin uitdrukking vind. Dit is klein oorwinnings vir Afrikaans wat waarskynlik meer doen om die taal te bevorder as die 
kleinlike politieke gevegte oor of 'n skool net Afrikaanse onderrig moet gee, of na Afrikaans n Engels moet oorskakel.

'n Tweede benadering wat Afrikaanse skole gevolg het, was om uit hul eie vir Afrikaanse en Engelse onderrig voorsiening te maak. Toegegee, 
soos met die eerste benadering is daar gevalle waar Afrikaans deur Engels verswelg is omdat die behoefte aan Engelse onderrig net soveel 
omvangryker as di aan Afrikaans is.

Daar is egter skole waar die verhouding van Afrikaanse tot Engelse leerlinge s is dat die skole se benadering om vrywillig anderstaliges 
in te neem die vrugbare aarde voorberei het vir die kweek van 'n nuwe geslag Suid-Afrikaners vir wie Afrikaans nie politieke konnotasies 
het nie.

Waar dit gebeur, is dit lekker om te sien hoe straal Afrikaans.

Ek sal nooit vergeet hoe sing die Sotho, Zoeloe en Tswana graad-eentjies van die Laerskool Dirkie Uys in Johannesburg Afrikaanse liedjies 
nie.

Mnr. Christo Lodder, hoof van di skool,   het ges hy sien die saak s: hy help op di manier 'n nuwe geslag kinders grootmaak wat respek 
het vir sy taal, Afrikaans. Hulle het een taal by die huis, word in Engels onderrig, maar word by Dirkie Uys ook aan Afrikaans blootgestel.

Baie skole het Afrikaans as rookskerm gebruik om hulle wit te hou. Dit kan egter nie ontken word dat daar ook druk op skole was en steeds 
is om na Engelse n Afrikaanse onderrig oor te skakel net om 'n politieke stempel af te druk nie.

Toenemend, veral in die lig van die taalbeleid wat wel beskerming bied vir Afrikaanse skole teen eensydige politieke besluite, blyk 'n nuwe 
onderwysbenadering: daar is nie geld in die onderwysbeurs nie, ook nie om skole te bou nie. Maak daarom in jul Afrikaanse skool, wat nog 
plek het, plek vir kinders wat Engelse onderrig verkies.

In sulke gevalle kan skole se reaksie die toekomstige houding teenoor Afrikaans bepaal.

Wat ook al die beweegredes is vir die druk op Afrikaanse skole om plek vir Engels in te ruim, uiteindelik gaan dit van Afrikaanses self 
afhang wat die taal se plek in die land se klaskamers is. Daar is twee keuses: verower anderstaliges vir Afrikaans, of vervreem hulle. 
Cornia Pretorius   is 'n bekroonde verslaggewer oor die onderwys.

Terug na bo

Onderwys

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5219.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1998 /// Afrikaanssprekendes, word onmisbaar! (AV 5:2) /// Ywer 
uit onverwagte oord (AV 5:2) /// Produktiewe aksies moet daaruit voortkom (AV 5:2) /// Leeskring-inspirasie (AV 5:2) /// Een bre 
Afrikaanse front (AV 5:2) /// Die antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans? (AV 5:2) /// Op die stoep gaan hulle skater van plesier (AV 5:2) /// 
Afrikaans: 'n nuttige stuk gereedskap (AV 5:2) /// Afrikaans vir die Afrikane? (AV 5:2) /// Afrikaanse bewegings moet besin oor oogmerke 
(AV 5:2) /// 'n Woordlint van land tot land (AV 5:2) /// Afrikaans gryp uitdagings (AV 5:2) /// Hoe stewig is die handevat? (AV 5:2) /// 'n 
Gelukkige huis lok vele vriende (AV 5:2) /// In die ban van Karoo-Afrikaans (AV 5:2) /// Die wel en wee van 'n politieke tolk (AV 5:2) /// 
'n Reis van selfontdekking (AV 5:2) /// Nederlands wil Kaaps raakvat (AV 5:2) /// Taalvriendskap is nou moontlik (AV 5:2) /// 'n Briljante 
seun, Meyer (AV 5:2) /// Sonde met die Cravense bure (AV 5:2) /// PALJAS, paljas is die as nou af? (AV 5:2) /// Die smeerstorie (AV 5:2) 
///

